Die Saai Lewe

by Die Naaimasjiene

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $7 USD  or more

     

1.
2.
Raai-raai 05:19
3.
Liefling 02:45
4.
5.
6.
7.
8.
Manlief 02:25
9.
Die generaal 03:11
10.
11.
12.
13.
Ek gaap 03:30
14.
15.
16.
17.
18.
19.

about

Op 'Die Saai Lewe' vat Die Naaimasjiene die luisteraar op 'n reis deur dit waarvan ons elke dag lees, hoor en op TV sien: die verleidelikheid van versmaaide plattelandse skoonhede in die Wimpy Bar, owerspel, gesinsmoord, naastehaat teenoor randfigure en ander verstotenes, hoere sonder 'n toekoms, junkies sonder hoop, iemand met hunkeringe na 'n vervloë bestaan as rugbyspeler in die skool (die liedjie 'Waar is alles heen'), hopelose hornyness in roadhouses en op highways, reën in die strate van Hillbrow, spaceships, die ontwortelde bestaan van bywoners, 'n funky president in die dae toe so iets nog bestaan het, 'n magsjags generaal, misdaad, moord.

"My ambisie in die lewe is nie om 'n popsanger te word nie," sê Dokter Boomslang. "Die storie van Die Saai Lewe gaan maar basically oor 'n ou wat as 'n outsider grootgeword het en as 'n bywoner rondgeleef het op verskillende plekke in die oorgangsfase van die Ou na die Nuwe Suid-Afrika. Ek onthou die Afrikaanse popliedjies van toe ek klein was, soos 'Liefling', 'Die padda wou gaan opsit', 'Aai-aai' (die eerste song op Laurika Rauch se debuutalbum) en 'Ek verlang na jou' (Sonja Herholdt se eerste treffer). Die storie is 'n klankdokument van een persoon se lewe van 1989 tot 1996."

'Die Saai Lewe' is die eerste keer deur Lloyd Ross van Shifty Records uitgereik op hulle Budgie Beat-reeks.
Nadat die verbod in 1996 opgehef is en met 'n ouderdomsbeperking vervang is, is nog sewe liedjies opgeneem danksy die hulp en bystand van Eckard Potgieter van Wildebeest Records en in 1997 op CD uitgereik. Hierdie is die amptelike digitale hermeesterde weergawe van die 1997-weergawe van die album en is eksklusief beskikbaar op Bandcamp onder die sambreel BoomslangKlanke.

Behalwe die album 'DIe saai lewe' is ons jongste drie singles ook nou beskikbaar - 'Trumpocalypse', 'O Pieleplaas' en 'Vakansietyd in Hartenbos'. Die musiekvideo van 'Trumpocalypse' is beskikbaar op YouTube. Dit alles gaan in die komende weke en maande gevolg word deur nog drie singles en dan 'n nuwe album.

Speel hard!

credits

released December 15, 2020

*Recorded at Sharp Street Studio, Yeoville, Johannesburg, 1990.
Released by Shifty Records, banned by SA government of the time.
Resubmitted to Publications Board in 1996 - ban was lifted, but replaced with an 18+ age restriction.
*Bonus tracks recorded in 1997 at Sharp Street Studio, Yeoville. Produced by Willem Möller. Cornell Boshoff, Carel Cronjé and Dokter Boomslang.
CD version released in 1997.

Songs and lyrics written by Dokter Boomslang
except:
*Die Saai Lewe, Pulp Friction and Die Reën is Hier: with Cornell Boshoff and Carel Cronjé.
*Liefling: Muffay & Kunze, EMI Brigadiers. New translation from the German by Dokter Boomslang.
*Die generaal: Tradd. arr. Willem Möller
*Aai-aai: Anton Goosen (Gallo)

Voice samples of PW Botha and Eugene TerreBlanche taken from tape recordings of the time (late 1980s).
End of Jong Dames Dinamiek taken from a pamhlet by the organisation,

MUSICIANS:
Willem Möller: Electric and acoustic guitars, bass, drums, keyboards and arrangements.
Reuben Samuels and David Tshabalala: Drums
Hanepoot van Tonder: Trombone
Lize Stassen & Miss Misty: Backing vocals
Brett Henning: Kitaar op Die Saai Lewe en Die Reën is Hier
Lanie van der Walt: Rhythm guitars
Cornell Boshoff: keyboards, arranging, programming
'Wolfman' at the intro of Die Saai Lewe written and recited by Carel Cronjé.

Omslagontwerp: Joe Dog, Bitterkomix

license

all rights reserved

tags

about

Die Naaimasjiene Cape Town, South Africa

Waarskuwing! Die Naaimasjiene is nie bedoel vir die ore van die volgende persone nie:
*kulturele kloosterkoeke en politieke brulpaddas
*musikale fynproewers en liefhebbers van die kunslied
*slap pastoriepiesangs en mense met stywe bolippe
*jappies, vroetelpappies en hul southappies
*depressiewe ouers en jagse ouderlinge
*neurotiese nimfomane en kastrasse
*verwarde regterhande en aweregse linkses
... more

contact / help

Contact Die Naaimasjiene

Streaming and
Download help

Report this album or account

If you like Die Naaimasjiene, you may also like: